Wat kom eerste: Gesondheid, Slankheid of die Evangelie?

Wat bedoel die Skepper as Hy in Sy Woord verklaar dat dit Sy wil is dat ons in alle opsigte 'n oorvloedige lewe moet ly? Gaan die Evangelie net oor die spirituele lewe van die mens, of is gesondheid, geluk en die mens se fisiese, emosionele en sosiale lewe ook deel daarvan?

Die erfenis wat 'n liefdevolle Vader vir Sy kinders nalaat sal immers insluit om gelukkig en gesond te kan wees, om by sinvolle dinge betrokke te wees en om krag op alle terreine van hulle lewens te ervaar en uit te leef.

Waarom beleef so min mense dat hulle lewens werklik sin maak? Dat hulle elke dag met opwinding en entoesiasme tegemoet kan gaan en met vreugde ervaar dat hulle besig is om 'n sinvolle lewensdoel te bereik?

Miskien het dit daarmee te doen dat ons gemaak is om in 'n span saam te werk. Om werklik sinvol in hierdie lewe te kan groei, het ons mekaar nodig. Waar mense mekaar so aanvul dat elkeen soos 'n ledemaat van 'n liggaam werk, voel elkeen vervul omdat hy/sy 'n bydrae lewer. Almal help om die groter liggaam as 'n harmonieuse eenheid te laat saamwerk om sy doel te bereik. Elkeen voel nuttig, betrokke en deel in die uiteindelike suksesse wat behaal word.

Indien jy graag 'n ledemaat van so 'n liggaam wil wees, of reeds een is maar frustrasie ervaar, of net meer betrokke wil raak, kom neem deel. Ons kan mekaar so beter leer ken, aanvul en help. Dan kan die gemeenskap sowel as elke individuele lid daarvan sy lewensdoel meer doeltreffend bereik. Dit sal ook daartoe bydra dat ons almal gesonder en gelukkiger kan wees. 

Lewer 'n inset deur te vertel hoe jy oor hierdie saak voel en wat jy dink . 
 
Lees meer oor 'n verskeidenheid fasette van hierdie onderwerp by www.verslank.net.  
 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this post.
Comments
  • No comments exist for this post.
Leave a comment

Submitted comments are subject to moderation before being displayed.

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.